1 Corinthians 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al spreek ek in die tale van mense en engele en het ek geen liefde nie, ek het geword soos klinkende koper of 'n luidende simbaal.
Afrikaans (NLV) 2011 Al sou ek enige taal op aarde of selfs in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek ’n galmende trom of ’n klinkende simbaal geword.
Afrikaans 1933/1953 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
Afrikaans 1983 Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het nie liefde nie, dan het ek 'n weergalmende ghong of 'n kletterende simbaal geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien sal ek die tale van mense en van engele kan praat, maar as ek nie lief is vir God en vir ander mense nie, dan is ek soos 'n klok of soos 'n simbaal wat net raas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê nou maar ek is so “geestelik” dat ek die tale kon praat wat die engele in die hemel praat en selfs nog ’n klomp ander, maar ek het nie ander mense lief nie, wat dan? Vir die Here klink daardie “geestelike gepraat” dan na niks anders nie as ’n geraas soos iemand wat teen ’n yster kap.