1 Corinthians 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die openbaring van die Gees word aan elke mens gegee om daarby baat te vind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. |
| Afrikaans 1983 | Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan elkeen egter word die openbaring van die Gees gegee, met die oog op wat bevorderlik is: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Gees werk in elkeen van ons op ’n unieke manier. Die doel daarvan is egter dat ons vir ander mense iets moet beteken. Daar is baie verskillende maniere waarop die Gees in ons kan werk, byvoorbeeld: |