1 Corinthians 12:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat daar geen skeuring in die liggaam sou wees nie; maar dat die lede dieselfde sorg vir mekaar moet hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gevolglik heers daar harmonie in ons liggaam en al die liggaamsdele sorg saam vir mekaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. |
| Afrikaans 1983 | sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sal wees nie, maar die ledemate in gelyke mate vir mekaar sal sorg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En daarom baklei die liggaam nie met homself nie, want die dele sorg vir mekaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom kan liggaamsdele nie onder mekaar “stry” nie. Hulle moet eerder respek hê vir mekaar en vir mekaar omgee. |