1 Corinthians 12:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daardie lede van die liggaam, wat ons as minder eerbaar beskou, aan hulle skenk ons meer oorvloedige eer; en ons onaangename dele het oorvloediger kosbaarheid.
Afrikaans (NLV) 2011 En die dele van ons liggaam wat ons as minder eervol beskou, beklee ons met groter sorg. Op hierdie manier beskerm ons daardie dele waarvoor ons skaam is, vir die oë van ander,
Afrikaans 1933/1953 en die lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,
Afrikaans 1983 en dié wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg. So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en daardie dele van die liggaam wat ons as minder eerbaar beskou, klee ons met meer as die gewone eer, en die minder elegante dele met meer elegansie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons wil nie hê dat mense party dele van die liggaam sien nie, ons is skaam daarvoor, daarom maak ons dit toe met mooi klere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is ander dele van die liggaam wat ons nie wil hê mense moet sien nie. Daarom trek ons klere aan. So wys ons byvoorbeeld dat ons spesiaal vir hierdie liggaamsdele omgee.