1 Corinthians 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na hierdie stomme afgode, net soos julle gelei is.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle weet hoe julle destyds toe julle nog ongelowiges was, onder die aantrekkingskrag van die verskillende afgode herwaarts en derwaarts rondgesleep is — en dit nogal deur beelde wat nie ’n woord kan praat nie!
Afrikaans 1933/1953 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.
Afrikaans 1983 Julle weet dat, toe julle nog heidene was, julle blindelings na die stom afgode meegevoer is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle weet dat, toe julle heidene was, julle dikwels na die stom afgode meegevoer is, op watter manier julle ook al daartoe verlei is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle weet dit: Toe julle heidene was, het julle geglo in afgode wat nie kan praat nie. Julle het gedink die afgode kan julle help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle onthou mos nog wat met julle gebeur het toe julle die Here nog nie geken het nie. Die afgode het die een of ander mag oor julle gehad wat julle na hulle toe getrek het. En dit is dooie beelde wat nie eens kan praat nie.