1 Corinthians 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want 'n man behoort wel sy hoof nie te bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Man behoort egter nie ’n kopbedekking op te hê wanneer hy aanbid nie, want hy is God se beeld en sieraad. Die vrou is weer die man se sieraad.
Afrikaans 1933/1953 Want 'n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
Afrikaans 1983 'n Man behoort nie iets op sy kop te sit nie. Hy is die beeld en sieraad van God, maar die vrou is die sieraad van die man.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Man behoort nie sy kop te bedek nie, omdat hy die beeld en sieraad van God is, terwyl die vrou die sieraad van die man is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Man moenie iets op sy kop dra wanneer hy bid of God se boodskap bring nie, want hy is die hoof in God se plek en hy moet God eer. Maar die vrou moet haar man eer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n man moet dit juis nie doen nie, uit respek vir God. Iets van die grootheid van God moet in die man sigbaar word. As teken daarvan moet hy dus nie iets op sy kop sit nie. Deur die klere wat ’n vrou aantrek, moet sy weer iets van haar respek vir haar man wys. Julle vra waarom.