1 Corinthians 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as die vrou nie bedek is nie, laat haar ook geskeer word; maar as dit vir 'n vrou skande is om geskeer of geskeer te word, laat haar toegemaak word.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, as sy weier om ’n kopbedekking te dra, kan sy ewe goed haar hare ook maar afsny. Maar aangesien dit ’n skande vir ’n vrou is as haar hare afgesny of haar kop kaalgeskeer is, behoort sy ’n kopbedekking te dra.
Afrikaans 1933/1953 Want as 'n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir 'n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.
Afrikaans 1983 As 'n vrou nie iets op haar kop wil sit nie, kan sy ewe goed haar hare laat afsny. Maar aangesien dit 'n skande is vir 'n vrou om haar hare te laat afsny of afskeer, moet sy iets op haar kop sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want as 'n vrou nie haar kop bedek nie, moet sy ook maar haar hare kort afsny. As dit vir haar 'n skande is om haar hare kort te sny of haar kop kaal te skeer, moet sy haar kop bedek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As 'n vrou nie 'n sluier wil dra nie, dan moet sy ook haar hare afsny. Maar julle weet dat dit verkeerd is wanneer 'n vrou haar hare afsny of haar kop kaal skeer. Daarom moet sy 'n sluier dra wanneer sy bid of God se boodskap bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As sy dit nie wil doen nie, moet sy maar al haar hare afsny. Dit is ons gebruik; ’n vrou moet iets op haar kop hê as teken van haar respek vir haar man, maar