1 Corinthians 11:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan, want dit is selfs al een asof sy geskeer is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En elke vrou wat bid of profeteer sonder dat sy haar kop bedek, doen haar man oneer aan, want dis dieselfde as wanneer haar hare afgeskeer sou wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is. |
| Afrikaans 1983 | Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, haar man, oneer aan, want dan is sy net soos 'n vrou wie se hare afgeskeer is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En elke vrou wat met 'n onbedekte kop bid of profeteer, doen haar hoof oneer aan; want dit is presies dieselfde asof haar kop geskeer is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar 'n vrou wat bid of wat God se boodskap bring, moet 'n sluier oor haar kop dra. As sy nie 'n sluier dra nie, dan eer sy nie haar hoof, haar man, nie, want dan is sy dieselfde soos 'n vrou wat haar kop kaal geskeer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net so steek ’n vrou haar man in die skande as sy sonder respek vir haar man met of oor God praat. Dit is so goed sy mismaak haarself liederlik. Sy kan haar maar mismaak as sy nie, soos ons gebruik is, uit respek vir haar man iets op haar kop het nie. |