1 Corinthians 11:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand honger het, laat hom by die huis eet; dat julle nie saamkom tot veroordeling nie. En die res sal ek regmaak as ek kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle werklik honger is, eet liewer vooraf by die huis sodat julle nie ’n oordeel oor julleself bring wanneer julle bymekaarkom nie. Die ander kwessies sal ek hanteer wanneer ek by julle aankom. |
| Afrikaans 1933/1953 | en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot 'n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom. |
| Afrikaans 1983 | As een van julle honger is, moet hy liewer by die huis eet, sodat julle nie 'n oordeel oor julle bring as julle bymekaarkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek daar kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As iemand honger is, laat hy tuis eet, sodat julle nie 'n oordeel oor julle bring wanneer julle saamkom nie. Die oorblywende sake sal ek reël sodra ek kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand honger is, dan moet hy by sy huis eet voordat julle bymekaarkom. As julle dit nie doen nie, dan sal die Here julle straf. Daar is nog ander dinge waaroor ek met julle wil praat, maar ek sal dit doen wanneer ek na julle toe kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand dan so honger is dat hy nie kan wag nie, laat hy iets by die huis eet. As julle dan bymekaar is, sal die versoeking nie daar wees om iets verkeerds te doen nie en sal dit ook nie vir die Here nodig wees om julle te straf nie. Dit is nou vir eers genoeg hieroor. Wanneer ons mekaar weer sien, kan ons verder gesels oor al die ander goed waaroor julle nog onseker is. |