1 Corinthians 11:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy wat op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, sonder om die liggaam van die Here te onderskei.
Afrikaans (NLV) 2011 Want as julle van die brood eet en uit die beker drink, eet en drink julle ’n oordeel oor julleself as julle nie die nodige respek teenoor Christus se liggaam betoon nie.
Afrikaans 1933/1953 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
Afrikaans 1983 want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur 'n oordeel oor homself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die een wat eet en drink sonder om die liggaam van die Here daarin te onderskei, is besig om 'n oordeel oor homself te eet en te drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gemeente is die liggaam van die Here. As jy dit nie verstaan nie, dan eet en drink jy verkeerd by die nagmaal. En dan sal die Here jou straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy die nagmaal gebruik, maar jy gee nie om vir wat die brood en wyn beteken nie, kan dit ernstige gevolge vir jou hê. Jy gee die Here dan alle rede om jou te straf.