1 Corinthians 11:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar laat iemand homself ondersoek en so van daardie brood eet en uit daardie beker drink.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is waarom julle julleself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink.
Afrikaans 1933/1953 Maar die mens moet homself beproef en so van die brood eet en uit die beker drink.
Afrikaans 1983 Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar laat elkeen homself ondersoek, en daarvolgens van die brood eet en uit die beker drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elkeen moet eers vir homself ernstig vra of hy verstaan wat die nagmaal beteken en of hy reg lewe. En as hy dink dat hy dit verstaan en dat hy reg lewe, dan mag hy van die brood eet en uit die beker drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk dan diep in jouself en soek na die redes hoekom jy die nagmaal eet. Toets jou gesindheid voor jy van die brood en die wyn vat.