1 Corinthians 11:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, elkeen wat hierdie brood eet en hierdie beker van die Here drink, onwaardig, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
Afrikaans (NLV) 2011 As enigiemand dan op ’n onwaardige manier van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal daardie persoon skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here.
Afrikaans 1933/1953 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
Afrikaans 1983 Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, wie op onwaardige wyse die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees teenoor die liggaam en die bloed van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, as iemand nie op die regte manier die brood van die Here eet of die wyn van die Here drink nie, dan is hy so skuldig soos die mense wat vir die Here doodgemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit beteken dat ’n mens nie sommer skouerophalend die nagmaal kan eet asof dit niks is nie. As jy dit op so ’n traak-my-nieagtige manier doen, is jy amper net soos daardie mense wat vir Jesus geslaan en gespot het toe Hy gekruisig is. Hulle het nie besef wat die dood van Jesus regtig vir mense beteken nie. Wil jy regtig soos hulle wees? Sekerlik nie.