1 Corinthians 11:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgegee het, dat die Here Jesus in dieselfde nag waarin Hy verraai is, brood geneem het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dít is wat die Here self gesê het en wat ek destyds aan julle oorgedra het net soos ek dit ontvang het. In die nag waarin Jesus verraai is, het Hy brood geneem
Afrikaans 1933/1953 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
Afrikaans 1983 Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het van die Here ontvang, wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê hierdie dinge vir julle, want die Here self het vir my gesê wat die nagmaal is, en ek het dit ook vir julle geleer: Daardie nag toe Judas Iskariot vir die Here Jesus verraai het, het Jesus brood geneem
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom ek verduidelik weer vir julle wat die Here self oor die nagmaal gesê het. Dit alles het die nag gebeur toe Jesus gevang is. ’n Rukkie voor Hy gevang is, het Hy saam met sy getrouste volgelinge geëet. Hy het die brood gevat