1 Corinthians 11:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want deur te eet, neem elkeen voor die ander sy eie maaltyd, en die een is honger en die ander is dronk.
Afrikaans (NLV) 2011 Want by die gemeenskaplike maaltyd eet elkeen haastig sy eie ete met die gevolg dat die een honger bly en die ander een weer dronk word.
Afrikaans 1933/1953 Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.
Afrikaans 1983 want by die gemeenskaplike maaltyd eet elkeen gou sy eie eetgoed, met die gevolg dat party honger bly en party te veel drink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want elkeen gaan voort om sy eie maaltyd te eet, en een bly honger, en 'n ander word dronk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want wanneer julle eet, dan is daar party mense wat voor die ander begin eet, en hulle eet dan hulle eie kos. En wat gebeur dan? Party mense kry niks om te eet nie, en ander mense drink te veel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle wag dan nie eens vir mekaar nie en deel ook nie julle kos wat elkeen saamgebring het met mekaar nie. Sonder om om te gee of jou medegelowige langs jou doodgaan van die honger, sal jy jou trommeldik eet en nog te veel wyn ook drink. Maar jy sal nie daaraan dink om vir hom langs jou ook ietsie aan te bied nie.