1 Corinthians 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer julle dan op een plek bymekaarkom, is dit nie om die nagmaal van die Here te eet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle dan as gemeente bymekaarkom, is dit duidelik nie die Here se maaltyd wat julle eet nie.
Afrikaans 1933/1953 As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.
Afrikaans 1983 As julle dan as gemeente saamkom, is dit nie meer die nagmaal van die Here wat julle vier nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer julle saamkom, is dit nie werklik om die Here se maaltyd te eet nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle gemeente bymekaarkom om nagmaal te vier, dan vier julle nie regtig die nagmaal van die Here nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle bymekaarkom om saam nagmaal te hou, tree julle so lelik op dat ’n mens dit sowaar nooit “nagmaal” sal kan noem nie.