1 Corinthians 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek loof julle nou, broeders, dat julle in alles aan My dink en die verordeninge onderhou soos Ek dit aan julle oorgelewer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wil julle daarvoor prys dat julle in alles aan my dink en dat julle bly vashou aan ons geloofsoortuigings soos ek dit aan julle oorgedra het.
Afrikaans 1933/1953 En ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.
Afrikaans 1983 Ek vind dit prysenswaardig dat julle in alles aan my bly dink en vashou aan die oorgelewerde leer soos ek dit aan julle oorgedra het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek prys julle, omdat julle altyd aan my dink, en omdat julle vashou aan die tradisies, soos ek dit aan julle oorgelewer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil julle prys omdat julle altyd probeer onthou wat ek vir julle geleer het. Julle onthou en doen die dinge wat ek by die Here en by die ander apostels gehoor het en wat ek vir julle geleer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is vir my lekker om te hoor dat julle my nie vergeet het nie, maar gedurig aan my dink en dat julle die dinge doen wat ek vir julle as Christene geleer het.