1 Corinthians 11:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want eerstens, wanneer julle in die gemeente saamkom, hoor ek dat daar verdeeldheid onder julle is; en ek glo dit gedeeltelik.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat vir my vooropstaan, is dat ek verneem dat daar groepvorming onder julle is wanneer julle as gemeente bymekaarkom, en in ’n mate glo ek dit.
Afrikaans 1933/1953 Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit.
Afrikaans 1983 Wat my veral hinder, is dat daar, soos ek hoor, verdeeldheid onder julle is wanneer julle as gemeente saamkom; en gedeeltelik glo ek dit ook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Allereers hoor ek dat wanneer julle as •gemeente saamkom, daar verdeling onder julle is; en in 'n mate glo ek dit,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die eerste ding is: Ander mense het vir my vertel dat daar groepe in julle gemeente is wat teen mekaar is wanneer julle bymekaarkom. En ek dink dit is miskien waar wat daardie mense sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek hoor byvoorbeeld dat as julle veronderstel is om as gemeentelede saam te wees, julle groepe vorm wat elkeen sy eie ding doen. Soos ek julle ken, weet ek dat wat ek gehoor het nie sommer praatjies is nie. Die gedwarstrekkery is nie net sleg nie.