1 Corinthians 11:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou, hierin wat ek aan julle verkondig, loof ek julle nie, dat julle saamkom nie ten goede nie, maar ten kwade.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer ek nou hierdie volgende saak ophaal, kan ek julle nie prys nie, want as julle as gemeente bymekaarkom, doen dit meer kwaad as goed.
Afrikaans 1933/1953 Maar terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade.
Afrikaans 1983 Noudat ek besig is om voorskrifte te gee — daar is dinge wat ek nie prysenswaardig vind nie. Dit is dat julle samekomste eerder kwaad doen as goed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In my volgende voorskrif prys ek julle nie aan nie, dat wanneer julle bymekaarkom, dit meer kwaad as goed doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is iets anders wat ek vir julle moet sê, maar ek kan julle nie hieroor prys nie. Wanneer julle in die kerk bymekaar is, dan gebeur daar dinge wat julle geloof nie sterker maak nie, dit maak julle geloof swakker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het nog iets om met julle te bespreek, maar dit is nie vir my so lekker nie, want hier is julle op die verkeerde pad en ek moet dit ongelukkig vir julle sê. As julle as gemeente bymekaarkom, bring dit die slegste in julle na vore in plaas van die beste.