1 Corinthians 11:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as iemand blykbaar twisgierig is, ons het nie so 'n gewoonte nie, ook nie die gemeentes van God nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as iemand hieroor wil argumenteer — ons het in elk geval nie so ’n gebruik nie en ook nie die ander gemeentes van God nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar as iemand meen om twisgierig te wees, ons het nie so 'n gewoonte nie, en ook die gemeentes van God nie.
Afrikaans 1983 Ons het in die erediens nie 'n ander gewoonte nie, en die ander gemeentes van God ook nie. Dit sê ek vir iemand wat hieroor wil stry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand egter twisgierig wil wees – ons het nie so 'n gewoonte nie, en die ander •gemeentes van God ook nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As daar iemand is wat oor hierdie dinge wil stry, dan sê ek vir hom: By ons én by die ander gemeentes van God stry ons nie oor hierdie dinge nie. Die vroue dra altyd sluiers wanneer hulle bid of wanneer hulle 'n boodskap van God bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand nou hieroor wil stry, is my antwoord dat dit is hoe ons dinge doen. Nou bedoel ek nie net ons nie, maar al die ander Christene ook.