1 Corinthians 11:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want soos die vrou uit die man is, so is die man ook deur die vrou; maar alle dinge van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want alhoewel die eerste vrou uit die man afkomstig was, is alle mans sedertdien uit vroue gebore. En uiteindelik is alles van God afkomstig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God. |
| Afrikaans 1983 | want soos die vrou uit die man geneem is, so kom die man deur die vrou in die wêreld, maar alles is uit God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want soos die vrou daar is uit die man, so ook is die man daar deur die vrou. Maar alle dinge kom van God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, dit is reg, God het die vrou uit die man gemaak. Maar elke man word uit 'n vrou gebore. En so kom alles van God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dat dit so is, kan ons in die natuur sien. Net soos die eerste vrou uit die man geneem is, so word mans nou uit vroue gebore. Agter al hierdie dinge staan God self, want dit is Hy wat mans en vroue maak. |