1 Corinthians 10:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat ons ook nie Christus versoek nie, soos sommige van hulle ook versoek het en deur die slange omgekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ook moet ons Christus nie uittart soos sommige van hulle gedoen het en toe deur slangbyte omgekom het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. |
| Afrikaans 1983 | Laat ons Christus nie uittart nie, soos sommige van hulle Hom uitgetart het, en hulle het deur slange omgekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons nie vir Christus beproef, soos sommige van hulle Hom beproef het nie – hulle is deur slange doodgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons moenie vir Christus kwaad maak nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het slange hulle doodgepik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons moet nie kyk hoe ver ons Christus kan tart voordat Hy sy geduld met ons verloor nie, soos sekere van ons voorouers gedoen het. Ons weet wat het toe met hulle gebeur: hulle is deur slange doodgebyt. |