1 Corinthians 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat ons ook nie hoereer soos sommige van hulle gepleeg het nie, en op een dag drie-en-twintigduisend geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons moet ons ook nie aan onsedelike dade skuldig maak soos party van hulle nie. Die gevolg was dat 23 000 van hulle op een dag gesterf het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. |
| Afrikaans 1983 | Laat ons ook nie onsedelikheid pleeg nie, soos sommige van hulle onsedelikheid gepleeg het, en op een dag het daar drie en twintig duisend omgekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons dan nie onsedelik optree, soos sommige van hulle onsedelik opgetree het nie – daar het op een dag drie-en-twintigduisend gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons moenie onsedelik lewe nie. Party van die Israeliete het onsedelik gelewe, en toe het daar op één dag 23 000 Israeliete gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons moet oppas om ons nie so sleg te gedra soos party van hulle by daardie fees gedoen het nie. Kyk wat het met hulle gebeur: God het 23 000 van hulle op een dag laat doodgaan. |