1 Corinthians 10:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie; soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons moet nie afgode dien soos party van hulle nie. Die Skrif sê: “Die volk het gaan sit om fees te vier en opgestaan om voor die afgod danse uit te voer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. |
| Afrikaans 1983 | Julle moenie afgodsdienaars word nie, soos sommige van hulle oor wie daar geskrywe staan: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan en hulle aan uitspattighede oorgegee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie afgodedienaars wees, soos sommige van hulle nie; daar staan immers geskryf: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink en opgestaan om te speel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie afgode dien nie. Party van die Israeliete het dit gedoen. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan en wild feesgevier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Los die afgode uit. Die verhaal is mos neergeskryf: “Die volk het lekker gesit en feesvier, maar toe het hulle sulke vieslike dinge begin doen wat op geen manier by ’n kind van God pas nie.” |