1 Corinthians 10:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie dinge was ons voorbeelde, sodat ons nie na slegte dinge sou begeer soos hulle ook begeer het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie gebeurtenisse moet vir ons tot waarskuwing dien sodat ons nie na verkeerde dinge hunker soos hulle gedoen het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie dinge het gebeur as voorbeelde vir ons dat ons ons nie soos hulle deur sondige begeertes moet laat dryf nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie dinge het gebeur as 'n voorbeeld vir ons, sodat ons nie na bose dinge sal hunker, soos hulle ook gehunker het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie dinge het gebeur om vir ons te waarsku. Dit wys vir ons: Ons moenie soos die Israeliete slegte dinge wil hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat dit wat met hulle gebeur het vir ons ’n voorbeeld en waarskuwing wees. Dieselfde gaan met ons gebeur as ons ook heeltyd net in die verkeerde dinge belangstel soos party van hulle. |