1 Corinthians 10:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En almal het dieselfde geestelike drank gedrink, want hulle het gedrink van daardie geestelike Rots wat hulle gevolg het, en daardie Rots was Christus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en almal van dieselfde wonderwater gedrink. Want hulle het uit die wonderrots gedrink wat hulle vergesel het; en daardie rots was Christus. |
| Afrikaans 1933/1953 | en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. |
| Afrikaans 1983 | en almal het dieselfde geestelike drank gedrink: hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat met hulle saamgegaan het. Die rots was Christus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en almal het dieselfde geestelike drank gedrink. Want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat hulle gevolg het – en die rots was •Christus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En hulle het almal dieselfde water gedrink wat God vir hulle gegee het. Hulle het gedrink van die water wat uit die rots gevloei het. Dit was 'n rots wat God gegee het, en die rots het saam met die Israeliete gegaan. Die rots was Christus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | van die water gedrink wat God vir hulle uit die rots laat kom het. Eintlik sou ’n mens kon sê dat hulle ’n geestelike rots gehad het wat saam met hulle gegaan het en dat Christus die rots is. |