1 Corinthians 10:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos Ek in alles alle mense behaag, en nie my eie voordeel soek nie, maar die voordeel van baie, sodat hulle gered kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie voordeel nie, maar dié van baie ander met die oog op hulle verlossing. |
| Afrikaans 1933/1953 | net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar die van baie, sodat hulle gered kan word. |
| Afrikaans 1983 | Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net soos ek ook probeer om alle mense in alle opsigte in ag te neem, en om nie my eie voordeel nie, maar dié van die meerderheid, na te streef, sodat hulle verlos mag word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kyk wat doen ek: Ek probeer altyd om te vra wat vir ánder mense belangrik is. Ek doen nie net dinge wat goed is vir mý nie, ek doen dinge wat goed is vir baie mense, sodat God hulle kan red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is presies wat ek doen. Ek dink nie net aan myself nie, maar probeer om goed te wees vir ander mense. Ek doen nie goed wat hulle irriteer of afsit nie, sodat hulle ook deur my optrede die Here kan leer ken. |