1 Corinthians 10:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as ek uit genade deelagtig is, waarom word daar kwaad van my gepraat oor dit waarvoor ek dank? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek God kan dank vir die kos en dit geniet, is dit dan reg dat ek daarvoor veroordeel word? |
| Afrikaans 1933/1953 | En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank? |
| Afrikaans 1983 | As ek iets met danksegging geniet, waarom word daar van my kwaad gepraat oor iets waarvoor ek God dank?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ek met dankbaarheid saam eet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het vir die Here dankie gesê vir die kos wat ek eet. Hoekom sê iemand anders ek doen sonde wanneer ek kos eet waarvoor ek vir die Here dankie gesê het?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek vir God dankie sê vir die kos en lekker eet, hoe kan iemand dan sê dat dit verkeerd is om die kos te eet? Deur daarvoor dankie te sê erken ek mos dat dit van God af kom. |