1 Corinthians 10:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gewete, sê ek, nie jou eie nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel op grond van 'n ander se gewete? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ek bedoel nie julle eie gewete nie, maar die ander persoon s’n. Moet my vryheid dan ingeperk word deur iemand anders se gewetensbesware? |
| Afrikaans 1933/1953 | ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur 'n ander se gewete? |
| Afrikaans 1983 | Ek bedoel nou nie jou eie gewete nie, maar dié van die ander man. “Waarom,” sou jy vra, “moet my vryheid beperk word deur 'n ander man se gewete? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hiermee bedoel ek nie jou gewete nie, maar dié van die ander. Waarom word my vryheid dan beoordeel deur 'n ander se gewete? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy dink dit is nie sonde nie, maar die ander persoon dink miskien dit is sonde. Nou vra jy miskien: “Ek mag enige iets eet, hoekom mag ek nie offer-vleis eet nie? Want ék dink nie ek doen sonde nie, dit is die ánder gelowige wat dink dit is sonde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou kan ’n mens natuurlik vra waarom ’n ander man se gewete vir my moet voorskryf wat ek mag doen en wat ek nie mag doen nie. |