1 Corinthians 10:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as iemand vir julle sê: Dit word aan die afgode geoffer, moenie eet ter wille van Hom wat dit getoon het nie, en ter wille van die gewete; want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar veronderstel iemand sê vir julle dat die vleis vir ’n afgod geoffer was, moet dit dan nie eet nie uit bedagsaamheid teenoor die een wat dit vir julle vertel het en ter wille van die gewete —
Afrikaans 1933/1953 Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer -- moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete -- want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan --
Afrikaans 1983 Maar as iemand vir julle sê: “Die vleis is 'n afgodsoffer,” moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit gesê het en ter wille van die gewete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as iemand vir julle sê: “Dit is 'n gode-offer dié,” moet julle dit nie eet nie, ter wille van die een wat julle ingelig het, en die gewete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar wanneer iemand vir julle sê: “Hierdie is offer-vleis,” dan moet julle dit nie eet nie, want dan weet julle dit is 'n probleem vir die persoon wat dit vir julle gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die nie-Christen egter doelbewus vir jou sê dat daardie kos van sy afgode af kom, moet jy nie jou mond daaraan sit nie. As jy dit eet, sal dit die nie-Christen onder die indruk bring dat jy nie omgee om sy afgod te dien nie; dit sal dan sy gewete ry.