1 Corinthians 10:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Alles wat in die puinhope verkoop word, eet hulle sonder om ter wille van die gewete te vra:
Afrikaans (NLV) 2011 Handel dan soos volg. Eet alles wat in die slaghuis verkoop word. Moenie vra of daarvan aan die afgode geoffer was of nie sodat julle gewete nie belas word nie.
Afrikaans 1933/1953 Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
Afrikaans 1983 Alles wat in 'n slaghuis verkoop word, kan julle eet sonder om ter wille van die gewete navraag te doen,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Enigiets wat op die vleismark verkoop word, mag julle eet, sonder om vrae te stel ter wille van die gewete,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag enige vleis eet wat iemand in 'n slaghuis verkoop. Maar julle moenie vra van waar die vleis kom nie, want as julle miskien hoor dit is offer-vleis, dan sal julle dink julle doen sonde om dit te eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy hoef nie ’n “afgodstoets” te doen op kos wat jy koop nie. Jou gewete hoef jou ook nie te pla as jy dit nie gedoen het nie.