1 Corinthians 10:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar alles bou nie alles op nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sê: “Alles is ons geoorloof.” Ja, maar nie alles is tot voordeel nie. Alles is inderdaad geoorloof, maar nie alles is opbouend vir almal nie.
Afrikaans 1933/1953 Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
Afrikaans 1983 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Alles is geoorloof” – ja, maar nie alles is nuttig nie. “Alles is geoorloof” – ja, maar nie alles is opbouend nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, ons is vry om alles te doen, maar daar is dinge wat nie goed is vir ons nie. Ons is vry om alles te doen, maar alles maak nie ons geloof sterk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ’n mens byvoorbeeld vleis kry wat aan afgode geoffer is, sou die gelowige kon redeneer: “Ek mag alles doen.” Maar dan moet hy die tweede deel van hierdie sin onthou: “Nie alles is goed om te doen nie.”