1 Corinthians 10:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle kan nie die beker van die Here drink en die beker van die duiwels nie; julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en aan die tafel van die duiwels nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle kan tog nie die beker van die Here drink en ook nog die beker van die duiwels nie! Julle kan nie aan die tafel van die Here deel hê en ook nog aan die tafel van die duiwels nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van bose geeste nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van bose geeste nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle kan nie die beker van die Here drink én die beker van demone nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here én aan die tafel van demone nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle kan nie uit die nagmaal-beker van die Here drink en ook uit die beker van duiwels nie. Julle kan nie by die nagmaal-tafel van die Here sit en ook by die tafel van duiwels nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Mens kan nie aan die een kant die nagmaalsbeker drink en dan omdraai en by ’n afgodstempel instap en daar drink en doen soos jy wil nie. Net so min kan jy in die oggend saam met die Here aan sy nagmaalstafel sit en dan die middag saam met die demone gaan feesvier. |