1 Corinthians 10:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek sê dat die dinge wat die heidene offer, dit aan duiwels offer en nie aan God nie; en ek wil nie hê dat julle met duiwels gemeenskap moet hê nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoegenaamd nie. Wat ek egter wel sê, is dat daardie offers in werklikheid aan duiwels gebring word en nie aan ’n godheid nie. En ek wil nie hê enigeen van julle moet met die duiwels gemeenskap hê nie.
Afrikaans 1933/1953 Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
Afrikaans 1983 Nee, maar dat dié wat aan hulle offer, aan bose geeste offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê julle moet met bose geeste gemeenskap hou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nee, maar wat hulle offer, offer hulle aan demone, nie aan God nie – en ek wil nie hê dat julle aan demone deel moet hê nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ek sê dat wanneer die heidene offer, dan dink hulle dat hulle vir 'n god offer, maar hulle offer vir duiwels. En ek wil nie hê dat julle die duiwels moet dien en aan hulle moet behoort nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat wel gebeur, is dat daardie mense eintlik alles vir duiwels doen, want hulle doen dit beslis nie vir God nie. En ek wil seker maak dat julle nie duiwels in plaas van God dien nie.