1 Corinthians 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat sê ek dan? dat die afgod enigiets is, of iets is wat as offer aan afgode geoffer word?
Afrikaans (NLV) 2011 Wat probeer ek sê? Bedoel ek dat afgodsoffers iets belangriks is of dat die afgode werklik bestaan?
Afrikaans 1933/1953 Wat sê ek dan? Dat 'n afgod iets is, of dat 'n afgodsoffer iets is?
Afrikaans 1983 Wat wil ek hiermee sê? Dat 'n afgodsoffer of 'n afgod enige betekenis het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat bedoel ek hiermee? Dat 'n afgodsoffer tog iets is, of dat 'n afgod iets is?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê nie dat die offer-vleis belangrik is of dat die afgode regtig iets beteken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarmee wil ek nie sê dat al die godsdienstige dinge wat mense vir ’n afgod doen nou skielik daardie afgod lewendig maak nie.