1 Corinthians 10:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Israel na die vlees: is die wat van die offers eet, nie deel aan die altaar nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En dink aan die volk Israel. Almal wat van die offers eet, word daardeur tot ’n eenheid verenig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie? |
| Afrikaans 1983 | Kyk maar hoe is dit by die Joodse volk. Kom daar dan nie gemeenskap tot stand tussen die offeraltaar en dié wat die offers eet nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk na die volk Israel: Het diegene wat van die offers eet, dan nie deel aan die altaar nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was dieselfde met die Israeliete in die tyd van die Ou Testament. Wanneer hulle van die offer-vleis geëet het, dan het hulle vir God gedien, hulle het aan God behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom ons gaan steek weer kers op by wat onder die Joodse volk gebeur. Mense wat ywerig alles doen wat hulle godsdiens van hulle vra, wil eintlik daarmee sê dat hulle die god van daardie godsdiens erken en dien, nie waar nie? |