1 Corinthians 10:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die beker van seën wat ons seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap van die liggaam van Christus nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer ons aan die tafel van die Here die seën oor die beker uitspreek, kry ons mos aandeel aan Christus se bloed. En as ons die brood breek, kry ons mos aandeel aan Christus se liggaam.
Afrikaans 1933/1953 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
Afrikaans 1983 Die beker van danksegging, waarvoor ons God dank, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die beker van danksegging, waaroor ons die dankgebed uitspreek, is dit nie deelname aan die bloed van •Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie deelname aan die liggaam van Christus nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer ons by die nagmaal uit die beker drink, dan sê ons dankie dat die Here ons gered het en ons prys Hom. So is ons en Christus saam een, Christus wat sy bloed vir ons gegee het. En wanneer ons die brood eet, dan is ons en Christus saam een, Christus wat sy liggaam vir ons gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) By die maaltyd van die Here sê ons mos altyd vir die Here baie dankie vir die beker. Is die beker waarvoor ons so dankie sê, nie juis vir ons ’n bewys dat die bloed van Jesus ook vir ons bedoel is nie? En as ons die brood eet, is dit nie ’n bewys van wat Jesus se liggaam alles vir ons beteken nie? Ons elkeen kry ’n klein stukkie van die een groot stuk brood.