1 Corinthians 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geen versoeking het julle aangegryp behalwe soos 'n mens nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar sal saam met die versoeking ook 'n uitkoms maak, sodat julle dit kan verdra.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur.
Afrikaans 1933/1953 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
Afrikaans 1983 Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Geen versoeking het oor julle gekom, behalwe 'n menslike een nie. God is egter getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle vermoë versoek word nie, maar sal saam met die versoeking ook uitkoms gee, sodat julle dit kan verduur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar gebeur dinge wat vir julle toets, en wat vir julle wil laat ophou om God te dien. Maar julle kan hierdie dinge oorwin. God sal julle altyd help. Hy sal sorg dat hierdie dinge nie sterker is as julle geloof nie. Wanneer die dinge julle wil laat ophou glo, dan sal God julle help om sterk te wees en aan te hou glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die versoekings wat oor julle kom, is dieselfde as wat enige ander mens teëkom. God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het.