1 Corinthians 10:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde, en dit is opgeskryf as waarskuwing vir ons op wie die eindes van die wêreld gekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku — ons wat hier teen die einde van die wêreldgeskiedenis leef.
Afrikaans 1933/1953 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Afrikaans 1983 Hierdie dinge het oor hulle gekom as 'n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as 'n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het met daardie mense as voorbeeld gebeur, en is as waarskuwing neergeskryf vir ons wat in die eindtyd verkeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie dinge het met die Israeliete gebeur sodat dit vir ons kan waarsku. Dit is geskryf sodat dit vir ons iets kan leer. Ons moet beter verstaan as die Israeliete, want ons lewe nou in die tyd nádat Christus gekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het hulle ’n voorbeeld vir ons gemaak. Ons kan dus nie sê dat ons nie gewaarsku is nie. Dit staan lewensgroot in die Skrif geskryf vir ons wat in die tyd leef net voor die Here weer kom. In dié tyd sal dit nie met die Christene net goed gaan nie.