1 Corinthians 10:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees dat al ons vaders onder die wolk was en almal deur die see gegaan het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Broers en susters, ek wil hê julle moet goed verstaan wat destyds met ons voorouers in die woestyn gebeur het. God het hulle almal gelei deur middel van ’n wolk wat vooruit gegaan het. Hulle het almal veilig deur die see getrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, |
| Afrikaans 1983 | Broers, ek wil julle daaraan herinner dat ons voorvaders almal onder die beskerming van die wolk was en almal veilig deur die see gegaan het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Broers, ek wil nie hê julle moet hieroor onkundig wees nie: Ons voorouers was almal onder die wolk, en het almal deur die see gegaan, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vriende, ek wil hê dat julle goed moet verstaan wat lank gelede gebeur het. Ons voorouers, die Israeliete, was almal onder die wolk en hulle het almal deur die see geloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Liewe vriende, kyk weer na wat in ons geskiedenis gebeur het en leer daaruit. Toe ons voorouers deur die woestyn getrek het, was hulle heeltyd onder ’n wolk. Hulle het ook deur die water van die see gegaan. Hulle het dus gedurig water om hulle gehad. |