1 Corinthians 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat julle in geen gawe agteruitgaan nie; wag op die koms van onse Here Jesus Christus: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus, |
| Afrikaans 1983 | dat dit julle nie aan 'n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat julle, terwyl julle wag op die openbaarmaking van ons Here Jesus Christus, nie in enige genadegawe tekort skiet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het al die genadegawes ontvang wat die Here vir julle gegee het. En julle hou aan om te wag vir die dag wanneer God vir almal ons Here Jesus Christus sal wys sodat ons Hom kan sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja-nee, julle het niks nodig nie, want God sorg dat julle kry wat julle op geestelike gebied nodig het. Julle sien ook opgewonde daarna uit dat ons Here Jesus Christus weer na ons toe kom sodat almal Hom kan sien. Niemand sal dan ’n enkele skewe woord teen julle kan sê nie. Hy sal julle nie in die steek laat nie. |