1 Corinthians 1:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar God het die dwase dinge van die wêreld uitverkies om die wyse te beskaam; en God het die swakhede van die wêreld uitverkies om die dinge wat kragtig is, te beskaam; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wêreld na dwaasheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak en dit wat vir die wêreld na swakheid gelyk het, het Hy uitgekies om die magtiges skaam te laat kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; |
| Afrikaans 1983 | En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die dwaashede van die wêreld het God uitgekies om die wyses te beskaam, en die swakhede van die wêreld het God uitgekies om die sterkes te beskaam, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is dinge wat dom lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die slim mense te laat verstaan dat hulle niks weet nie. En daar is dinge wat onbelangrik lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die belangrike mense te laat besef dat hulle nie belangrik is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het die maatstawwe van die wêreld totaal omgekeer. Wat volgens mense swak is, het God besluit om sterk te maak. |