1 Corinthians 1:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke, Christus, die krag van God en die wysheid van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar vir ons almal wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is die gekruisigde Christus die magtige kragwerking van God en die wonderlike wysheid van God. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God. |
| Afrikaans 1983 | maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar vir diegene wat geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar God het mense gekies, Jode én Grieke, en vir húlle is Christus die Een wat wys dat God sterk is en dat Hy wysheid het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [24-25] Onder hierdie klomp spottende pessimiste is daar tog ’n klompie wat God se stem gehoor het en luister. Hulle ken die waarheid. As jy Christus ken, ken jy die krag wat net God kan gee en verstaan jy al God se planne. Menslike dinge kan mos nie met goddelike dinge vergelyk word nie. Om dit so te stel: die “domste” ding wat God volgens die wêreld kan doen, is ver slimmer as die heel slimste ding wat die slimste mens kan uitdink. Al span mense al hulle kragte saam, is dit nog nie eens ’n druppel in die emmer teenoor God se krag nie. |