1 Corinthians 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want nadat die wêreld in die wysheid van God God nie deur wysheid geken het nie, het dit God behaag deur die dwaasheid van die prediking om die wat glo, te red. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aangesien God in sy wysheid beskik het dat die wêreld Hom nooit deur menslike slimmigheid sou vind nie, het Hy dit goedgevind om deur die “dwaasheid” van ons prediking dié wat glo, te red. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red; |
| Afrikaans 1983 | Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Trouens, deur die wysheid van God het die wêreld Hom nie deur hulle wysheid leer ken nie. God het verkies om hulle wat glo, te verlos deur die dwaasheid van die verkondiging. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God was reg toe Hy besluit het dat die slim dinge wat die mense van die wêreld dink, hulle nie sal kan help om Hom te ken nie. Die mense van die wêreld sê die boodskap oor Jesus is iets wat dom lyk, maar God het besluit om die mense te red wat hierdie boodskap glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense met al hulle slimmighede het nie die vaagste benul waaroor dit gaan wanneer dit by die dinge van God kom nie. God het in sy wysheid besluit dat dit so sal wees. Mense dink dalk dat die kruis en wat daar gebeur het nie sin maak nie. Dít is egter die manier waarop God besluit het om mense uit hulle sonde na Hom toe terug te bring. Ek praat van mense wat God vertrou. |