1 Corinthians 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyses vernietig en die verstand van die verstandiges tot niet maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos die Skrif sê: “Ek sal die wyse mense se wysheid tot niet maak; en die skerpsinniges se briljante idees sal Ek van die tafel vee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak. |
| Afrikaans 1983 | Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want daar staan geskryf: “Ek sal die wysheid van die wyses tot niet maak en die insig van die verstandiges verwerp.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want in die Ou Testament is geskryf: Ek sal die planne van die slim mense laat misluk, en die dinge wat slim mense dink, sal Ek laat verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is geskryf: “God sal vir almal wys hoe verkeerd selfs die slimste mense is. Wat vir hulle so slim lyk, is eintlik maar baie dom.” |