1 Corinthians 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig: nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie tot niet mag word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet verstaan dat Christus my nie in die eerste plek gestuur het om mense te doop nie; Hy het my gestuur om die Goeie Nuus te verkondig — en dit nie met allerlei woordkunsies nie, want daarmee verloor die kruis van Christus sy krag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie. |
| Afrikaans 1983 | Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, en dit nie met woorde van menslike wysheid nie, want dan sou die kruis van Christus sy krag verloor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig – nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie van sy krag ontneem word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Christus het my nie gestuur om te doop nie, Hy het my gestuur om die goeie boodskap oor Hom te bring. Ek het die boodskap gebring, maar ek het dit nie gedoen met die slim woorde van mense nie, want as ek dit gedoen het, dan help dit nie dat Christus aan die kruis gesterf het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Christus het my nie gestuur om mense vir myself bymekaar te maak deur te doop nie. Nee, Hy het my gestuur om vir julle die goeie boodskap oor Hom te kom vertel. Dit moet ek nie doen met vreeslik geleerde en moeilike taal om mense te beïndruk nie. Nie taal nie, maar die werklikheid van die kruisgebeurtenis van Jesus moet mense beïndruk. Daar lê die werklike krag van die boodskap oor Jesus. En dit mag nooit agter slim argumente of geleerde taal weggesteek word nie. |