1 Corinthians 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is Christus verdeel? is Paulus vir jou gekruisig? of is julle in die naam van Paulus gedoop?
Afrikaans (NLV) 2011 Dink julle regtig Christus kan so in stukkies verdeel word? Paulus is tog beslis nie vir julle gekruisig nie! Of is julle dalk in Paulus se naam gedoop?
Afrikaans 1933/1953 Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?
Afrikaans 1983 Is Christus dan in stukke verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig, of is julle in die naam van Paulus gedoop?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is Christus verdeel? Paulus is tog nie vir julle gekruisig nie? Of is julle dan in die naam van Paulus gedoop?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, ons kan Christus nie in groepe deel nie. En God het nie vir mý, Paulus, laat kruisig om julle sondes te vergewe nie. En toe julle gedoop is, was dit nie sodat julle aan Paulus sal behoort nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou vra ek: Is Christus dan so ’n los klomp stukke? Het ek, Paulus, miskien vir julle daar aan die kruis gehang? Is daar by julle doop miskien gesê dat julle gedoop word omdat Paulus so goed is?