1 Corinthians 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit sê ek nou, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus; en ek van Apollos; en ek van Céfas; en ek van Christus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek bedoel dat party van julle sê: Ek volg Paulus; ander weer: Ek volg Apollos; nog ander: Ek volg Petrus; en nog ander: Ek volg Christus. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van C,fas, en ek van Christus. |
| Afrikaans 1983 | Daarmee bedoel ek dat een sê: “Ek is vir Paulus;” een: “Ek is vir Apollos;” een: “Ek is vir Sefas;” en een: “Ek is vir Christus.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat ek bedoel, is dat elkeen van julle sê, “Ek is van Paulus,” of, “Ek van Apollos, ” of, “Ek van Sefas, ” of: “Ek van Christus”. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, julle stry, want die een sê: “Ek behoort aan Paulus,” 'n ander een sê: “Ek behoort aan Apollos,” 'n ander een sê: “Ek behoort aan Sefas,” en 'n ander een sê: “Ek behoort aan Christus.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ek dit so stel: een van julle sal sê: “Paulus is net die man.” Ander sal dan aan die stry gaan en sê dat Apollos of Petrus beter is. “Nee,” sal ander weer sê, “ons volg maar net vir Jesus.” |