1 Chronicles 9:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die sangers, hoofde van die families van die Leviete, wat in die kamers oorgebly het, vry was, want hulle was dag en nag in daardie werk werksaam.
Afrikaans (NLV) 2011 Die musikante, almal prominente Leviete, het in die tempel gewoon. Hulle was vrygeskeld van ander verantwoordelikhede omdat hulle alle ure aan diens was.
Afrikaans 1933/1953 En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.
Afrikaans 1983 Sommige Levitiese familiehoofde was verantwoordelik vir die tempelsang. Hulle het in die kamers gebly, en was vrygestel van ander diens sodat hulle voltyds aandag kon gee aan hulle taak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie manne was die sangers, familiehoofde van die Leviete wat vrygestel was van werk in die vertrekke, omdat hulle dag en nag beskikbaar moes wees vir diens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die familiehoofde van die Leviete wat by die tempel moes sing, het in die kamers by die tempel gewoon. Hulle het nie ander werk gedoen nie, want hulle moes elke dag en nag gereed wees om hulle werk te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was ook musiekleiers, almal hoofde van Levitiese families, wat in kamers by die tempel gebly het. Hulle was vrygestel van ander take, want hulle was voltyds besig met hulle verantwoordelikhede.