1 Chronicles 9:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Mattitja, een van die Leviete, die eersgeborene van Sallum, die Koragiet, het die vaste amp gehad oor die goed wat in die panne gemaak is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mattitja, ’n Leviet en oudste seun van die Koragiet Sallum, was verantwoordelik vir die brood wat vir die offers gebak is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad. |
| Afrikaans 1983 | Een van die Leviete, Mattitja, en die oudste seun van die Koragiet Sallum, was amptelik verantwoordelik vir die bakkery. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mattitja, een van die Leviete – hy was die eersgeborene van Sallum, die Koragiet – moes toesig hou oor die bakwerk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van die Leviete was Mattitja. Hy was die oudste seun van Sallum van die nageslag van Korag. Hy moes elke dag kyk dat die bakkers hulle werk doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mattitja, ’n Leviet en die oudste seun van Sallum, die Koragiet, was verantwoordelik vir die bakkery. |