1 Chronicles 9:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sommige van hulle is ook aangestel om toesig te hou oor die voorwerpe en al die gereedskap van die heiligdom en die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ander was verantwoordelik vir die meubels en al die heilige voorwerpe, ook die fynmeel, wyn, olie, wierook en speserye. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskappe en oor al die heilige voorwerpe en oor die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye. |
| Afrikaans 1983 | Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg, al die gereedskap wat in die heiligdom gebruik is, en vir die meel, die wyn, die olie, die wierook en die speserye. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige van hulle is aangestel oor die gebruiksvoorwerpe, oor al die gereedskap van die heiligdom en oor die gesifte meel, die wyn, die olyfolie, die wierook en die speserye. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party Leviete moes sorg vir die ander gereedskap, vir al die gewyde gereedskap en vir die meel en die wyn en die olyf-olie en die wierook en die speserye. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg wat in die heiligdom gebruik is, asook vir die meel, wyn, olie, wierook en speserye. |